
Vriende van Landbou wil daarmee die publiek, wat nie noodwendig direk by landbou betrokke is nie, bewus maak van die omstandighede waarin boere werk en ’n netwerk vestig waardeur geld en kundigheid tot die organisasie se ledenetwerk beskikbaar kan raak. Dit word dan tot voordeel van boere gebruik en om hulle onder meer in krisistye by te staan, asook om die algemene beeld van landbou as ‘n uiters belangrike industrie te bevorder.