VRIENDE VAN LANDBOU - VAT HANDE MET BOERE

‘n Ledenetwerk wat ondersteuning bied vir landbouers.
Muller Brandt
Gerhard Kriel
Pieter Moller

Ons missie is om hande te vat met landbouers in die industrie en op ’n produktiewe en sinvolle wyse mense daarbuite bewus te maak van die belangrikheid van die landbousektor.

Ons ambassadeurs is Pieter Moller en ons veelsydige en talentvolle musikantvriend Muller Brandt. Muller sing ook ons Vriende van Landbou liedjie.

Kontak ons gerus indien jy ons Ambassadeurs wil bespreek vir ‘n funksie.

  • Plaasveiligheid is ons prioriteit
  • Grondsake is belangrik
  • Ons rampfonds ondersteun landbouers in nood
  • Ons verskaf ook ‘n voedselfonds
  • Verskeie projekte om fondse in te samel

Vriende van Landbou - ‘n Nasionale ondersteuningsnetwerk gebore vanuit die Vrystaat

– Andries Vermeulen –

BOU ‘N VRIENDSKAP MET VRIENDE VAN LANDBOU

Vriende van Landbou - Vriende doen

‘n Ondersteuningsnetwerk wat geskep is vir almal wat handel dryf in die landbousektor. 

Alle Suid-Afrikaners as individue, organisasies en besighede kan aansluit om hul vaardighede en/of finansies te bied om hierdie netwerk te bou.

Vriende van Landbou se primêre doel is om die breër publiek te betrek en sodoende persepsies van die bedryf te bestuur.

Alle Suid-Afrikaners kan hul unieke vaardighede, sowel as finansiële steun, voorlê om die verhaal van landbou in Suid-Afrika op die radarskerms te bring van almal wat bevoorreg genoeg is om daagliks kos op hul tafels te hê.

‘n Eerste vir Suid-Afrika

Vriende van Landbou is enig in sy soort en ‘n eerste vir Suid-Afrika.

‘n Kundige Span

Die inisiatief word bedryf deur ‘n kundige span, gestig en gelei deur Gerhard Kriel.

Verskeie Inisiatiewe

Van rampfondse tot plaasveiligheidsinisiatiewe. Raak betrokke by enige van ons projekte deur skenkings of vaardighede te verskaf.

Landswye Ledenetwerk

Vriende van Landbou bestaan uit ‘n netwerk van vriende wat omgee vir landbouers regoor Suid-Afrika.

Kundigheid

Verskeie kundiges deel hul vaardighede deur middel van toesprake, webinars, TV en radioprogramme en vergaderings met boere.

Sluit Aan

Enige persoon of besigheid kan aansluit as Vriend om hulp aan landbouers te bied deur middel van vaardighede of donasies.

Agriculture was the first occupation of man, and as it embraces the whole earth, it is the foundation of all other industries.

– Edward W. Stewart –