GPS-spoorsnyer vir gemeenskappe

Toepassings
Kliënt
Die kliënt-program kan data oor die ligging van jou telefoon na ons stelsel oordra. Tydens die oorspronklike opstelling word ‘n toestel-ID gegenereer, en hierdie ID kan met vertroude bestuurder rekening gedeel word om u liggings data te bekom.
Die spoorsny diens kan slegs deur die gebruiker geaktiveer/gedeaktiveer word. Daar is dus geen opsporing van die gebruiker sonder hul toestemming nie. Die bestuurder kan nie van hulle kant af die stelsel aktiveer nie en sodoende verseker dit dat gebruikers nie sonder hulle kennis opgespoor word nie.
Bestuurder
Die bestuurders platform word gebruik om liggings wat deur gebruikers oorgedra word, te sien. Bestuurder rekeninge word deur ons opgestel en bestuurders kan slegs die data van die kliënt sien wat gekies het om hul toestel-ID met hulle te deel.
Kliëntetoestelle moet gekoppel word aan bestuurderrekeninge voor die aanvang van ‘n geleentheid. Wanneer die geleentheid begin word, kan die kliënte die app op hul selfone begin en hul ligging sal op ‘n vasgestelde tydstip na ons stelsel opgedateer word. Nadat die geleentheid afgehandel is, kan die kliënt die app stop en die opsporing sal eindig.
Funksionaliteit
Kliënt program
Die kliënt program is redelik eenvoudig en kan niks anders doen as opdatering van inligting stuur. Die eenvoud van die platform stel enigeen, selfs die met basiese tegnologiese kennis, in staat om deel te wees van die stelsel.
Die mees komplekse deel van die kliënt program is die opstelling, en dit kan maklik vooraf deur ‘n gemeenskap verteenwoordiger opgestel word. Dus voorkom dit dat basiese gebruikers gebombardeer word met funksies wat hulle nie benodig en dus net hul verwar.
Dit is ook nie moontlik om enige ligging data op die kliënt program te sien nie. Dit verseker dat kliënte nie mekaar se inligting kan sien, wat privaatheid en sekuriteit voordele inhou.
Bestuur platform
Die bestuur platform vertoon kliënt toestelle se posisies op ‘n interaktiewe kaart. Die platform kan ook kontak besonderhede (telefoon/ radio roepsein) vertoon asook die tyd sedert die laaste opdatering van die kliënt toestel.
Posduif laat bestuurders toe om in-tyd opdaterings van ligging data te sien, maar soms is daar ‘n behoefte om historiese data na te gaan. Patrollies en voorval ondersoeke benodig soms dat die roetes wat gery was aangeteken word. Die bestuur platform laat bestuurders toe om verslae op te trek van historiese data. Die roetes wat gery was kan op die kaart vertoon word, kan in ‘n tabel aangeteken word of afgelaai word in MS Excel document.