Die Vriende van Landbou se Veldskoen-projek, behels die verkoop van vellies teen R999.00 per paar - en spog met die Vriende van Landbou se handelsmerk daarop.

Jy kan jou vellies aanlyn bestel met ’n wagperiode van 14 werksdae tot jou pakkie met koerier afgelewer word.

Die fondse wat deur verkope van die Veldskoen-projek ingesamel word, sal aangewend word om die beeld van Landbou te bevorder. Die Vriende van Landbou-organisasie het saam met die span van Veldskoen gewerk om dié reeks vellies met gekleurde sole die lig te laat sien.

Elke paar van jou Vriende van Landbou-vellies word handgemaak en daar is agt verskillende sool-kleure om van te kies: rooi, groen, blou, grys, swart, pienk, oranje en geel.

Met die voltooi van die transaksie moet jy die volgende kode gebruik:

“VVL”

Bestel hier